Plasings

Wys tans plasings vanaf Augustus, 2021

If you go away …

Prent
    Tony slowly comes closer,  he has a backpack and he smiles and looks at her … “If you go away on this summer day, then you might as well take the sun away.” Lara! We are together again. How wonderful! And now for the surprise of your life, it is in the bag! Sorry but be patient, I have something to tell you before the great moment. Do you remember that ugly little twit sitting in the front row in the maths class? He had only three things on his mind; sin, cos and tan! And you? That blond blue-eyed head girl that all adored! After school when walking back the long way to the children’s home on the other side of the railway, I always saw your dad picking you up at the front gate in that huge black BMW. Lara, then once a week you caught my eye and will ask something like, “Tony, you on your way? Can I help? Ready for matric farewell?” Matric farewell? What a joke, paid by whom? I went off to the war, we never heard of each other, then your letters came week...

In die donker gang

Prent
  Lara de Beer parkeer die ou Golfie, sukkel met die sleutels, die voordeur kraak oop, dis vuil en stowwerrig. Oupagrootjie se erfporsie aan haar, al meer as honderd jaar so toegesluit, “Wil ek dit regtig hê? Nou hier in Kimberley se vuil agterbuurt kom bly?” Tussen alles in die vergeelde papiere geskryf in Hollands oor sy pa Diederik en sy oom Johannes wat hier geboer het op Vooruitzicht en toe die bose Engelse al die De Beers van die grond af gejaag het. “Dis 2018, wat maak dit tog saak?” dink Lara, “Hoe vervelig!” Sy stap versigtig in die gang af. In die donker gang is daar ʼn skildery van De Wet, Cronje en De la Rey. Hul perde se oë lyk moeg want dis ʼn eindelose stryd … “Wat nou?” wonder sy vir die hoeveelste keer, sy vroetel met die sleutel by die kamer in die hoek soos die testament haar beveel, die deur knars oop en net daar voor haar op die vloer in die skemerlig glim dit, 'n hele skoenboks vol ... klein blou glasagtige klippies …   Nawoord: Erkenning aan ...

Die oorlog in my hart

Prent
"Ag man ou Lara, jy is weer so negatief vandag!” Koos trek ʼn lang diep suig aan die Gunston en skop sy vuil bruin Grasshoppers uit. Hy lê agteroor en vat weer ʼn diep sluk aan die Carling. Carling jy weet mos, Carling Black Label … Lara kyk moedeloos na die horison en dink, “Hoe gaan ek hom ooit op sy voete kry. Dis my eie broer wat so maak?” “ Koos luister na my asseblief?” “Ja wats dit tog nou weer?” “Jy is al amper mondig en het niks om te wys nie. Wat gaan van jou word?” “Lara! Ek het nou genoeg gehad van jou nonsens, gaan terug na daai kampus en jou belangrike vriende, leer en leer en leer jou vrek. Vir wat moet ek sukkel? Oupa is amper dood en ons erf alles en dan is die lewe ʼn lied!” “Koos maar is dit lekker jong?” “Ek wil nie met jou praat nie. Ek het my pelle, ons kuier saans heerlik en ek pla niemand. Gaan weg!! Ok?”   Lara pak haar paar goedjies, klim in die ou Golfie en vat die pad deur die berg Stellenbosch toe. Mamma en Pappa lank al weg na die ongeluk en net hulle tw...

Jy myne was

Prent
  “Die berggans het sy veer laat val …” Lara lees dit vir die soveelste keer. Sy kyk uit oor die pragtige Sederberge en wonder weer oor, “Ek stuur vir jou die berggansveer mits dese wil ek vir jou sê hoe diep my liefde vir jou lê!” Die trane drup oor haar wange, waar sal Kobus tog wees? Hoekom moes hy weggaan? Hulle het net laas week nog in die skoolbanke gesit in Clanwilliam toe word die seuns onrustig. Daar was vreemde mans in die dorp. Hulle kom van ver. Hoe werk dit? Wie is hulle? Lara kyk na die dorpie, die kerk in die middel en die pragtige berg agter dit. Sy verlang soveel na Kobus. Al die seuns is weg net daai vervelige Louis ou het oorgebly. Louis, die snaakse outjie wat sommer by sy ma skoolgaan en met niemand wil praat nie.   “Louis wat gaan aan? Hoekom is almal weg en net jy het oorgebly?” Louis kyk na sy voete soos maar altyd as daar ʼn meisie naby is, “Lara, ek weet nie ...” “Man, jy is die slimste hier rond, Hoe werk dit? Die klomp mans kom hier a...

Die Redder

Prent
  Djoser gee ʼn diep sug, “Ai dierbare Juba, wat gaan van ons word?” “U Majesteit, ek is net so bekommerd, dis duidelik dat die sewe vet jare verby is en hoe gaan die volk oorleef?” Djoser streel oor Juba se rug en sy lang stert, Juba begin saggies spin. “U Majesteit, hulle ga a n inkom en alles verwoes en opvreet en niks kan hulle keer nie!” “Ek weet Juba. Maar ek wil hê dat jy moet lank dink hieroor. Jy verstaan diere soveel beter as ek."   Juba kom stert orent by die troonsaal in. “U Majesteit, ek dink ek het dit!” Djoser kyk op, “Vertel my asseblief want ek weet nie meer nie. Ons kos gaan te gou opraak in die sewe maer jare en daardie aaklige Kanaaniete gaan oor die see kom en ons mense doodmaak.” “U Majesteit, daar is ʼn dier wat familie van my is. Ons mag dalk die vinnigste dier op aarde wees, maar hulle is baie kleiner, ratser en dis net wat ons nodig het om die vyand te keer voor hulle alles kom opvreet.” “Juba, bring hul leier dat ons praat!”   ...

Koshuiskaskenades - VDS Brink

Prent
“Ek kan dit nie meer vat nie!” sê ou Hansie, “Ek het my mense ses maande laas gesien, dis unfair!” “Ag, ek is so jammer vir julle Rhodesiërs tog. Wat soek julle hier in die eerste plek?” “Luister Herman, ek bring elke keer ʼn dosyn Playboys en Penthouses. So hou op kla!” “Sjoe en julle koop dit net so daarin die winkels! Wat ʼn land!” “Ag jaa…”   Welkom in Huis AJ van der Merwe (wie op aarde was hy?) hier teen die hange van Leeukop, dis eindeksamen tyd en die standerd ags en tiens kry nie afnaweek nie.  Ons moet leer! Toe gebeur die wonderwerk, ou Klaas praat oor die tiekieboks en vroetel met sy kas sleutel in die slotjie.  “Gwhaaa!” Daar val die hele geldkis uit! Die goeie nuus trek soos ʼn veldbrand en al 95 van ons maak gou vir ons duplikate.  Sien dan werk dit so, jy sluit dit oop, haal die geldkis uit en dan gooi jy net die muntstuk in en vang dit weer as dit uitval. Maklik en verniet! Nou loop baie idees rond oor wat om alles hiermee aan te vang en d...

Kindjie van die Wind

Prent
Bermuda 31 Julie 1900 My liefste Johanna, Ek huil nagte om oor jou en die lieflinge, dalk veral oor klein Gertjie want sy was maar twee jaartjies oud toe ek haar laas gesien het, sy is so diep in my hart gekruip ... Vanoggend toe skree Sergeant Atkinson weer op ons, "That damn woman, Osbourn or Hobhouse or something, demands that each of you may send a letter home, now queue up, come and get a pen and paper here and write, now get fuck'in on with it!!” Ek droom snags en weet sommer dat die oorlog seker nou lankal oor is en dit so goed met julle gaan. Hoe gaan dit op Malapanze? Is die skape mooi vet en kom die Vaalrivier sterk af? Sal ons kan saai? Wat gebeur op Christiana en Makwassie? Ou Rooihaan kraai natuurlik vroeg dag en jy en die kindertjies kan reg maak vir nog ʼn mooi dag. Kan Hendrina al weer skool toe gaan en is juffou van Wyk terug daar? Jong, ek het soveel vrae! Dit gaan nie te sleg hier nie, ek kan al selfs bietjie in Engels skryf. Sergeant Atkinson ...

Griekse Biefstuk

Prent
Erkenning aan die klassieke, “Specialty of the House” deur Stanley Ellin waaruit die slotsin gebou is.    “Bulle 6, Stormers 27!” bulder die groot skerm TV in die golfklub se ledesaal. Koos en Pieter koester tranerig nog ʼn lang glas Windhoek Draft. “Wat gaan aan Pieter?” sug ou Koos, “Wat is fout met ons? ʼn Bloubul eet mos nie van die vloer af nie maar kyk net daar!” “Ja ou Koos en dit nogal hier op Loftus. Wat gaan van ons word ek vra jou?” Die twee sug diep, vat nog ʼn teug en suig aan die sigare. Die eindfluitjie blaas genadiglik. Lank kyk die twee na mekaar, “Koos ek is nogal honger, sal ons iets bestel?” Koos kyk na die muur, bly lank stil, “Piet, belowe jy vertel vir niemand?” “Ek belowe!” “Ek gaan jou vanaand na die beste eetplek in die stad neem, maar dis net tussen ons?” Pieter sluk maar weer en knik. Die twee staan op, “Ou Piet, sal jy vir ons ry? Ek het nou net een dop te veel. My kar kan maar hier bly dan kom kry ek dit môre.” Hulle trek weg ...

Die Eindstryd

Prent
    "Boys, it will be a walkover," verklaar meneer Plumtree. "We will demolish them from the word ‘Go’ Just be yourself!" Hou jou asem op! Kingsmead stadion is gepak om hulle finaal te verneder. Die ABSA Curriebeker staan blink ge-Brasso op die tafel voor die hoofpawiljoen. Vandag is mooi en niks kan in die Haaitenk verkeerd gaan nie ... absoluut niks nie. Die voorbokke, Keagan, Bismark en Patrick knik entoesiasties. Die Deep Heat is ingesmeer, die adrenalien loop hoog en vandag maak ons geskiedenis, al weer! Kasper kyk na die spul, skud sy kop en en hou sy hand voor sy mond. Hy sweef na die ander kleedkamer. Alistair staan daar amper woordeloos, “Manne ons moet dit maar vat soos dit kom, soek maar gate in hul mondering, verder weet ek regtig nie.” Daar is tye wat jy eenvoudig moet ingryp. Die ouens in die Kaap is mos sissies. Uit gesit op die Groot Trek, beide Boereoorloë en weet nie van hoe dit is om twee keer kaalvoet oor die Drakensberg te loop nie. Dit ve...