Plasings

Wys tans plasings vanaf Februarie, 2024

Om oor te gee

Prent
  Silwerseeaftreeoord, Melkbosstrand 7437 24 Oktober 2045   Liewe Vandré, Waar gaan ons hiermee begin? Twintig jaar verby wat ek oor dit dink en wonder. Toe gebeur alles gister … Ons almal, ouma Wilmien, oupa Rian, pappa en mamma Ingke was bymekaar vir my verjaardag. Ouma het gevra dat ons na die begraafplaas gaan en eers mooi blomme op oumagrootjie Retha se graf sit. Ons het soveel gehuil, maar ook so dankbaar vir wat sy met ons gedeel het. Mamma Ingke vra toe dat sy iets kan sê. Sy vroetel in haar handsakkie en daar in volkleur is jy! Nog net so groot soos ʼn ertjie maar ek sien al jou donker vel soos myne en die groen ogies! O ns het so lekker gelag, baie gehuil en mekaar vasgehou want ons was so bly! Ons kyk op en weet Oumagrootjie lag van Bo saam ... Net daar besluit ek om vir jou ʼn brief te skryf. Vir die oom Koos wat my dinge hanteer gevra om dit te hou tot jy twintig jaar oud is en wanneer jy mooi sal verstaan. Vandré, ek gaan daarna na dokter Dewa...

Die grootste kersgeskenk

Prent
  Die grootste kersgeskenk   VDS Brink Meneer Kersvader, Takbokstraat 1 Noordpool 0000 Liewe Oom,   Toe ek verlede jaar skool toe gegaan het was juffrou Annie ons juffrou. Sy het my so mooi geleer en nou kan ek al goed skryf en vir oom die briefie stuur.   Oom, juffrou het so ʼn klomp witgrys hare gedra en sy het in ʼn klein huisie alleen buite die dorp gewoon. Sy het altyd vir my geroep en gesê, “Lydia, jy is die mooiste en slimste kind in ons skool, Lydia jy kan alles doen!”   Maar oom toe sê sy ook dat ek elke jaar vir oom dingetjies maar kan vra. Ek het nie poppe en bedjies soos die ander dogtertjies nie, net die goedjies wat die kerk elke jaar bring, maar dit raak gou weg.   Oom Kersvader, dit maak nie saak nie want weet oom, ek gaan mos eendag ʼn dokter word en dan sal ek almal se hartjies bly maak. Ek mag mos oom?   Juffrou het toe vir my klomp seëls en koeverte gegee sodat ek dit vir briefies aan oom kan gebruik. Sy he...

Die Bittereinder

Prent
  Dis winter, dis stil, drie uur in die oggend, pikdonker in Durban, hy sluip van pilaar tot pilaar, die jaggeweer agter sy rug, magasyn gelaai, die knaldemper gereed. “Doef!” klap die skoot amper onhoorbaar, hy hardloop weg!   Essee was vas aan die slaap toe hy die verskriklike pyn in sy been voel. Die bloed loop warm van hom af. Hy weet alles is verby, al sy drome, alles. Hy huil ... Hier slaap almal die saam, die ouens, die meisies en sommer die jongetjies ook. Atlete, ons vertrou en leer by mekaar. “Oom Essee!” gil Petrusa, die voshaar nooitjie, “kyk hoe lyk oom se been!” Almal hardloop nader en staan om Essee. “Ons moet hulp gou kry,” sê Petrusa en hardloop deur toe om vir Syd te gaan roep. Syd en Robert hardloop nader, “SC, just remain calm, I will phone the doctor!” “Hoekom moet my afrigter nou ʼn Engelsman wees?” deur sy pyn dink Essee. “Hy is so oulik, maar ai daai taal, ek bedoel nou hoe sê jy vir iemand, ‘gaan k$%k’ op Engels?” Die dokter kom, spuit...

Ons kindervriend

Prent
  “Haaaa tsjieshoe !!” hoes Rudolf nou vir die soveelste keer. “Toe nou Rudolf man,” sê Blitsie, “ons moet slaap en jy bly hoes, weet jy hoe vêr moet ons môre vlieg en as ons nie nou slaap nie gaan dit sleg wees.” “Ek kan nie help nie ouens, ek dink ek het griep,” sê Rudolf en hy kyk in die plas water voor hom, “kyk, my neus is bloedrooi van die koors!” “Ou Rudolf die rooineus takbok!” roep ou Komeet en skud die reuse horings op sy kop heen en weer, “nou het ek alles gehoor!” “Wat se lawaai is dit?” die deur gaan oop en Oom Santa stap in, sit lang wit baard nog deurmekaar geslaap, “julle ouens moet rus, ons het ʼn lang pad voor.” “Oom, oom kyk net Rudolf se neus!” gil Blitzie, “Die gloei van die koors, kyk jy kan dit van ver af sien in die nag!” “Rudolf, kom hier dat ek kyk,” sê die oom, “jong, jy is dan vuurwarm van die koors en ek dink nie jy sal kan saam gaan nie.” “Maar oom ... ek het al die jare nog voor getrek, oom asseblief ... !!" “Rudolf, jy is nie meer jo...

Katonkie leer vlieg

Prent
  “ Ag kom nou Kantokie man, jy is so mooi groot en jy vlieg nou nog nie,” sê mamma, terwyl sy haar lang swart vlerke wyd uitsprei. “Ja! Ek dink ook so, ʼn witkruisarend wat so oud soos jy is moet lankal kan vlieg en help kos soek. Toe ek so oud soos jy was het ons al tot by Aasvoëlkop en terug gevlieg. Ag nee man ...” “Maar pappa en mamma, kyk net hoe hoog is ons nes teen die krans, sê nou ek val teen daardie vreeslike klippe?” “Hoe ook al, wees soet, ons moet gaan kos soek. Sit jou vlerke op jou kop as jy ou Griffa die kransaasvoël sien, onthou hy vang baba arendjies ...”   Katonkie is moedeloos en dink, “Ek is ook niks werd nie ...” Net toe gebeur dit! ʼn Donker skaduwee val op hom en hy skrik, “Dis seker Griffa!” Hy kruip diep in die nes in en hou sy koppie met sy vlerkies toe. “Hallooo, halloo!” hoor hy ʼn stem kwaak. Hy loer versigtig uit en wie is dit? ʼn Pragtige spierwit swaan! Die swaan kom sit op die rand van die nes en Katonkie sit penorent, “Sjoe, m...

Die hoogste Tol

Prent
  Die Mazdatjie se gladde bande gee ʼn laaste sug, die verroeste deure swaai oop en Professor Barend P Malan klim verwilder uit. Sy oë dartel oor die horison en kom tot stilstand op die eensame graf op die bergie. Dis waar alles begin het ... Na sy proefskrif, sy spore in Aberdeen en Edinburg toe deur die loopgrawe van Magersfontein tot by hierdie eensame graf. Min het hy toe geweet wat dit hom nou gaan kos. Toe daardie naamlose oproep, die swaar Skotse aksent oor die landlyn, “Are you professor Malan?" “Ja ...?” antwoord Barend nou baie bang. “I am Andrew Wauchope the VI th. How dare do to this to our family? Meet me in Matjiesfontein midnight on the 4th!” Barend weet presies waarom dit gaan en hy weet dat hy daar is geen omdraai kans nie. Hy klim in sy blinknuwe Jaguar XFR, ry Mooikloof toe, pak net die nodige en los nie eens ʼn brief nie. Hy huur die Mazda by Danville Auto Hire, betaal R2000 kontant, los die Jaguar se deur oop met die sleutels op die bestuursitplek en...

Salig is die Vredemakers

Prent
  “So kan dit nie aangaan nie,” sê Engela, “Pieter, ons sal eenvoudig uit hierdie gemors moet kom! “ Pieter skud net sy kop, kyk uit na die verskrikking buite. “Oom Gabriël het gevra ons moet gaan kyk. Ek stel voor ek gaan met oom Louis praat en jy gaan na oom Koos toe. Die oom sal jou nog onthou ons was mos bure.” “Goed, kom ons doen so en so gou ons kan.”   Koos slaap vas, die getroue Boela styf teen sy been en sy saalsak vir ʼn kussing. Die Mauser styf vasgeklem, dit is drie uur, dit is pikdonker en al die manskappe slaap onder die ope hemel. Dit is Augustus, net buite Kroonstad en dit is bitter koud. “Oom ... oom Koos?” hoor hy ʼn stemmetjie. Koos sien verbaas die pragtige dogtertjie in silwerwit kleertjies by hom. “Oom dit kan nie meer so aangaan nie. Ek kom om oom te help om met hulle te gaan praat,” sê Engela. “Oom was nog altyd alleen. Oom het mos voor dit begin het geweet dat dit so gaan wees en toe skree almal op oom dat oom ʼn lafaard is ...” “Ja my kin...