Om oor te gee
Silwerseeaftreeoord, Melkbosstrand 7437 24 Oktober 2045 Liewe Vandré, Waar gaan ons hiermee begin? Twintig jaar verby wat ek oor dit dink en wonder. Toe gebeur alles gister … Ons almal, ouma Wilmien, oupa Rian, pappa en mamma Ingke was bymekaar vir my verjaardag. Ouma het gevra dat ons na die begraafplaas gaan en eers mooi blomme op oumagrootjie Retha se graf sit. Ons het soveel gehuil, maar ook so dankbaar vir wat sy met ons gedeel het. Mamma Ingke vra toe dat sy iets kan sê. Sy vroetel in haar handsakkie en daar in volkleur is jy! Nog net so groot soos ʼn ertjie maar ek sien al jou donker vel soos myne en die groen ogies! O ns het so lekker gelag, baie gehuil en mekaar vasgehou want ons was so bly! Ons kyk op en weet Oumagrootjie lag van Bo saam ... Net daar besluit ek om vir jou ʼn brief te skryf. Vir die oom Koos wat my dinge hanteer gevra om dit te hou tot jy twintig jaar oud is en wanneer jy mooi sal verstaan. Vandré, ek gaan daarna na dokter Dewa...