Plasings

Wys tans plasings vanaf Oktober, 2021

OM LIEFDE TE GEE

Prent
  (Waarskuwing, bedtonele word duidelik hierin beskryf, ouderdomsbeperking van 25 en meer!) “Gee pad hier jou vuil ding!” Woorde wat ek oor en oor in my lewe moes hoor. Uit gegooi en weg gejaag … Die mans in my lewe was vele. Wittes, swartes, bruines en selfs ‘n paar geles. Elke keer flankeer hy en los my dan net so. Ek loop maar in die strate en krap rondom die vuilgoedblikke vir ietsie om te eet. Toe is hy daar. Sulke lange bene en ‘n breë glimlag, sy naam was Brutus. Hy was maar knorrig en jaag almal weg wat dit waag om naby te kom en wys my waar lekker eetgoed is. Wat ‘n ou! Wel ... toe gebeur dit, ek verwag! Tot Brutus dit hoor, hy gee my net een vuil kyk en weg is hy ... Dit was baie swaar, alleen op die strate, my magie wat swel en swel. Toe een dag skielik is hulle daar, ‘n drieling! Hulle was so mooi en ek doop hulle net daar, “Mia, Lara en Kasper!” Da ar kom toe mense een Sondagoggend. Hulle sien my en die babas agter die vuilgoedblik lê. “Kyk daar die arme goed, ...