Plasings

Wys tans plasings vanaf November, 2021

Min of Meer

Prent
“Kom klas, word nou stil en luister mooi!” Juffrou Nereida maak haar stem dik en die meisies word een vir een stil. “Welkom by ons klas, julle sal by my leer hoe om eendag jou werk goed en reg te doen … ek praat en julle luister!” Adella, Briza en Sirena sit styf teen mekaar, “Ja Juffrou!” Eenkant sit so ʼn lelike meisie. “En wat is jou naam dogter?” vra juffrou. “Dis Nessie en niks met jou te doen nie!” skree sy terwyl haar dik magie op en af wikkel.   Juffrou kyk net ander pad en begin, “Dogters, julle is nou mooi groot. Die eerste wat jy moet verstaan is dat alles wat leef het mannetjies en wyfies, mans en vrouens, koeie en bulle, hane en henne en ook ramme en ooie. Net ons is anders, ons is net meisies. Daarom hoef ons nie hemde te dra nie.” Die drie maatjies kyk weer na die pragtige juffrou en kyk skaam na mekaar. Hulle bloos dat tot hulle oortjies rooi word! Nessie sit eenkant, haar arms oor dit gevou asof sy iets wegsteek. “Nou dogters, ons het werk, ons moe...