Plasings

GRACIAS SENOR

Gracias Seňor!  Die reisverhaal het seker vele gesigte, die 4x4 ablusieblok of piepie sommer agter ʼn boom tog in donker Afrika, die reis in die besigheidsklas deur die hoofweë van Europa tot die reis deur jou eie hart.   Ek verkies om op die N1 te wees agter die stuur van my geliefde gewese Jag en deesdae ʼn ressessie gedrewe ʼn beskeie Mazda 2tjie.  Tog het die lewe my na vele lande geneem en in dit soveel kon bekyk. My werk was om mynbou geleenthede in godverlate lande te gaan soek. Vyftien van hulle. Gou-gou weet ons dat jou belangrikste gereedskap naas jou paspoort jou “phrase book” is. Jy moet eenvoudig die twintig towerwoorde leer ken. Woorde soos asseblief, dankie, ja, nee, hoender, vis, beesvleis, bier, rooiwyn en ʼn paar kritiese kragwoorde.   Dan natuurlik om te kan tel anders verneuk hulle jou net daar. Amerikaans is maklik, ons ken dit van die TV af, net jammer hulle verstaan nie ʼn woord wat jy sê nie. “I will be here ten past twelve ...” ...

ʼn Kissie vol Soentjies

Prent
  Ou Koos is al weer dikbek en kyk van ver na Vanwyksvlei. Hy vryf oor sy lang onversorgde spierwit baard. Die dorpie en die ysterklip koppies dans in die hitte, dis al weer aaklige Desember. “Hoe minder ek met die simpel mense te doen het hoe beter, ek HAAT hulle,” dink hy vir die soveelste keer. Hy onthou met bitterheid die politieke struwelinge, die jaloesie oor sy meestersgraad waarmee hy grense van ingenieurswese geskuif het, die skuld wat op hom gepak is na die dam gebreek het, die spanning wat tot Susara se dood gelei het en dat sy kinders dit alles glo en nooit hier kom nie. Ongelukkig moet hy soms daarheen loop om sy pensioen en pos te gaan haal en paar goedjies te koop. Hier in sy modderhuisie is hy op sy gelukkigste, paar skape, die windpomp vir sy water met sy boeke en die kerslig saans. “Dan die simpel dominee, vir wat karring hy so aan my? As hy weer hier kom jaag ek hom weg!”   Koos gaan lê vir sy middagslapie in die kokende warm huis. Hy dut net i...

Vinniger as Arende was hulle

Prent
  “Bakboord 35 grade ... stuurboord 25 grade ...” roep luitenant Derrick Page die instruksies aan ons. In die stuurkajuit sit kaptein le Roux, silwer vlerkies op sy linker bors, wat ons almal vandag veilig na ons bestemming moet uitbring. Ons is bemanningslede van 35 Eskader, Suid-Afrikaanse Lugmag. Ons is nie sissies nie, ons kan enigiets doen! Elkeen hou ʼn klipbord vas waar ons die voorwerpe wat deur die luitenant vir ons uitwys word netjies nommer en klassifisseer. Die lokaliteit, hoek van Voortrekkerweg en Selbournestraat, Goodwood! Die onderwerpe geklasifisseer in terme van haar lengte, been vorm, blondheid of nie en natuurlik die gesiggie! Ons is op pad huis toe in ons bus na ʼn lang dag van oorlogvoering op die DF Malan lughawe, Kaapstad, in ons reuse Shackleton bomwerpers. Ons is MANNE! Om hier te kom ʼn lang pad en laat ek jou bietjie vertel:   Dit is ses maande vroëer, die trein stop in Pretoria stasie, ou Brinkie klim bang-bang af. Die man in blou geklee...

Om oor te gee

Prent
  Silwerseeaftreeoord, Melkbosstrand 7437 24 Oktober 2045   Liewe Vandré, Waar gaan ons hiermee begin? Twintig jaar verby wat ek oor dit dink en wonder. Toe gebeur alles gister … Ons almal, ouma Wilmien, oupa Rian, pappa en mamma Ingke was bymekaar vir my verjaardag. Ouma het gevra dat ons na die begraafplaas gaan en eers mooi blomme op oumagrootjie Retha se graf sit. Ons het soveel gehuil, maar ook so dankbaar vir wat sy met ons gedeel het. Mamma Ingke vra toe dat sy iets kan sê. Sy vroetel in haar handsakkie en daar in volkleur is jy! Nog net so groot soos ʼn ertjie maar ek sien al jou donker vel soos myne en die groen ogies! O ns het so lekker gelag, baie gehuil en mekaar vasgehou want ons was so bly! Ons kyk op en weet Oumagrootjie lag van Bo saam ... Net daar besluit ek om vir jou ʼn brief te skryf. Vir die oom Koos wat my dinge hanteer gevra om dit te hou tot jy twintig jaar oud is en wanneer jy mooi sal verstaan. Vandré, ek gaan daarna na dokter Dewa...

Die grootste kersgeskenk

Prent
  Die grootste kersgeskenk   VDS Brink Meneer Kersvader, Takbokstraat 1 Noordpool 0000 Liewe Oom,   Toe ek verlede jaar skool toe gegaan het was juffrou Annie ons juffrou. Sy het my so mooi geleer en nou kan ek al goed skryf en vir oom die briefie stuur.   Oom, juffrou het so ʼn klomp witgrys hare gedra en sy het in ʼn klein huisie alleen buite die dorp gewoon. Sy het altyd vir my geroep en gesê, “Lydia, jy is die mooiste en slimste kind in ons skool, Lydia jy kan alles doen!”   Maar oom toe sê sy ook dat ek elke jaar vir oom dingetjies maar kan vra. Ek het nie poppe en bedjies soos die ander dogtertjies nie, net die goedjies wat die kerk elke jaar bring, maar dit raak gou weg.   Oom Kersvader, dit maak nie saak nie want weet oom, ek gaan mos eendag ʼn dokter word en dan sal ek almal se hartjies bly maak. Ek mag mos oom?   Juffrou het toe vir my klomp seëls en koeverte gegee sodat ek dit vir briefies aan oom kan gebruik. Sy he...

Die Bittereinder

Prent
  Dis winter, dis stil, drie uur in die oggend, pikdonker in Durban, hy sluip van pilaar tot pilaar, die jaggeweer agter sy rug, magasyn gelaai, die knaldemper gereed. “Doef!” klap die skoot amper onhoorbaar, hy hardloop weg!   Essee was vas aan die slaap toe hy die verskriklike pyn in sy been voel. Die bloed loop warm van hom af. Hy weet alles is verby, al sy drome, alles. Hy huil ... Hier slaap almal die saam, die ouens, die meisies en sommer die jongetjies ook. Atlete, ons vertrou en leer by mekaar. “Oom Essee!” gil Petrusa, die voshaar nooitjie, “kyk hoe lyk oom se been!” Almal hardloop nader en staan om Essee. “Ons moet hulp gou kry,” sê Petrusa en hardloop deur toe om vir Syd te gaan roep. Syd en Robert hardloop nader, “SC, just remain calm, I will phone the doctor!” “Hoekom moet my afrigter nou ʼn Engelsman wees?” deur sy pyn dink Essee. “Hy is so oulik, maar ai daai taal, ek bedoel nou hoe sê jy vir iemand, ‘gaan k$%k’ op Engels?” Die dokter kom, spuit...

Ons kindervriend

Prent
  “Haaaa tsjieshoe !!” hoes Rudolf nou vir die soveelste keer. “Toe nou Rudolf man,” sê Blitsie, “ons moet slaap en jy bly hoes, weet jy hoe vêr moet ons môre vlieg en as ons nie nou slaap nie gaan dit sleg wees.” “Ek kan nie help nie ouens, ek dink ek het griep,” sê Rudolf en hy kyk in die plas water voor hom, “kyk, my neus is bloedrooi van die koors!” “Ou Rudolf die rooineus takbok!” roep ou Komeet en skud die reuse horings op sy kop heen en weer, “nou het ek alles gehoor!” “Wat se lawaai is dit?” die deur gaan oop en Oom Santa stap in, sit lang wit baard nog deurmekaar geslaap, “julle ouens moet rus, ons het ʼn lang pad voor.” “Oom, oom kyk net Rudolf se neus!” gil Blitzie, “Die gloei van die koors, kyk jy kan dit van ver af sien in die nag!” “Rudolf, kom hier dat ek kyk,” sê die oom, “jong, jy is dan vuurwarm van die koors en ek dink nie jy sal kan saam gaan nie.” “Maar oom ... ek het al die jare nog voor getrek, oom asseblief ... !!" “Rudolf, jy is nie meer jo...