Die Bittereinder
Dis winter, dis stil, drie uur in die oggend, pikdonker in Durban, hy sluip van pilaar tot pilaar, die jaggeweer agter sy rug, magasyn gelaai, die knaldemper gereed.
“Doef!” klap die skoot
amper onhoorbaar, hy hardloop weg!
Essee was vas aan die slaap toe hy die
verskriklike pyn in sy been voel. Die bloed loop warm van hom af. Hy weet alles
is verby, al sy drome, alles. Hy huil ...
Hier slaap almal die
saam, die ouens, die meisies en sommer die jongetjies ook. Atlete, ons vertrou
en leer by mekaar.
“Oom Essee!” gil Petrusa,
die voshaar nooitjie, “kyk hoe lyk oom se been!”
Almal hardloop nader en
staan om Essee.
“Ons moet hulp gou kry,”
sê Petrusa en hardloop deur toe om vir Syd te gaan roep.
Syd en Robert hardloop
nader, “SC, just remain calm, I will phone the doctor!”
“Hoekom moet my afrigter
nou ʼn Engelsman wees?” deur sy pyn dink Essee. “Hy is so oulik, maar ai daai
taal, ek bedoel nou hoe sê jy vir iemand, ‘gaan k$%k’ op Engels?”
Die dokter kom, spuit vir
Essee in sy nek en ʼn genadigde donkerte sak op hom toe.
Toe hy wakker word staan
Syd by hom, die trane loop teen sy wange af.
“SC do not panic, it will be ok, they could not remove the bullet, but
you will be ok, I am your friend ... "
Hulle besluit dat Essee
by die ander moet bly want hulle kan soveel by hom leer terwyl hulle voorberei
vir die wedlope. Hy word sterker en sterker.
“SC, I think that you and
Robert should go for a jog, lets see how you feel then,” bring Syd die wonder
nuus.
Essee voel min pyn en hy
en Robert weet dat hy dit dalk weer op die baan kan waag. Hulle neem deel aan
die een wedloop na die ander. Nou die langer stadiges sodat Essee gewoond kan
raak. Sy tye verbeter en hy word deur almal bewonder.
“SC, the big one, do you
think you can do it?” vra Syd.
Essee is oorstelp van
vreugde en knik sy kop oor en oor!
Hulle trek hom nuut aan,
Robert is al tyd pad by hom, die skoot klap, hy is heel agter, by die duisend
meter merk gebeur die wonder, sy pyn is vergete, sy oë verdwaas deur die sweet,
hy voel asof hy vlieg en opstyg ...
Dit is alles verby, koerantmanne omring hom, bekers
uitgepak, hulle hang veelkleurige linte om hom, Robert en Syd hou hom vas en
huil openlik, en toe ... “Ladies and Gentlemen ... now for the big moment ...
the winner of the 1967 Durban July Handicap .... Sieeee Cottage !!!”

Opmerkings
Plaas 'n opmerking