Alles is nie verlore
M alanstraat 7, Riebeeck Wes, 7306 20 Julie 2013 Liewe Vriende, Staan nou asseblief op, gaan na die naaste Woolies en kry vir jou ʼn bottel 2008 Allesverloren Danie Malan’s Backyard Blend. Verkoel tot so veertien grade, skink ʼn diep gla s so driekwart en laat dit vir twintig minute asemhaal. Gedoen? Is jy reg? Ruik hom, neem ʼn slukkie en kom ons dink saam ver terug ... Een keer lank, lank gelede was daar twee seuntjies, die ouer enetjie was Jannie en sy maatjie was Danie. Hul het ure lank met kleiossies gespeel. Jannie het groot plase gebou, “Danie hoor my nou mooi, mens moet dinge altyd bymekaar sit.” “Issie, Jannie, mens moet jou plase apart hou. Koeie eenkant, skape op ʼn ander plek.” Hulle word groot, Jannie word ʼn prokureur, hy is so slim en gaan leer in Engeland. Danie word weer ʼn dominee en gaan leer in Utrecht in Nederland. Jannie kom terug en gaan werk by oom Paul ... die oorlog breek uit. Jannie word ʼn generaal en leer elke dag by sy leier en mentor, Oom...