Plasings

Wys tans plasings vanaf Desember, 2025

GRACIAS SENOR

Gracias Seňor!  Die reisverhaal het seker vele gesigte, die 4x4 ablusieblok of piepie sommer agter ʼn boom tog in donker Afrika, die reis in die besigheidsklas deur die hoofweë van Europa tot die reis deur jou eie hart.   Ek verkies om op die N1 te wees agter die stuur van my geliefde gewese Jag en deesdae ʼn ressessie gedrewe ʼn beskeie Mazda 2tjie.  Tog het die lewe my na vele lande geneem en in dit soveel kon bekyk. My werk was om mynbou geleenthede in godverlate lande te gaan soek. Vyftien van hulle. Gou-gou weet ons dat jou belangrikste gereedskap naas jou paspoort jou “phrase book” is. Jy moet eenvoudig die twintig towerwoorde leer ken. Woorde soos asseblief, dankie, ja, nee, hoender, vis, beesvleis, bier, rooiwyn en ʼn paar kritiese kragwoorde.   Dan natuurlik om te kan tel anders verneuk hulle jou net daar. Amerikaans is maklik, ons ken dit van die TV af, net jammer hulle verstaan nie ʼn woord wat jy sê nie. “I will be here ten past twelve ...” ...