Vinniger as Arende was hulle
“Bakboord 35 grade ... stuurboord 25 grade ...” roep luitenant Derrick Page die instruksies aan ons. In die stuurkajuit sit kaptein le Roux, silwer vlerkies op sy linker bors, wat ons almal vandag veilig na ons bestemming moet uitbring. Ons is bemanningslede van 35 Eskader, Suid-Afrikaanse Lugmag. Ons is nie sissies nie, ons kan enigiets doen! Elkeen hou ʼn klipbord vas waar ons die voorwerpe wat deur die luitenant vir ons uitwys word netjies nommer en klassifisseer. Die lokaliteit, hoek van Voortrekkerweg en Selbournestraat, Goodwood! Die onderwerpe geklasifisseer in terme van haar lengte, been vorm, blondheid of nie en natuurlik die gesiggie! Ons is op pad huis toe in ons bus na ʼn lang dag van oorlogvoering op die DF Malan lughawe, Kaapstad, in ons reuse Shackleton bomwerpers. Ons is MANNE! Om hier te kom ʼn lang pad en laat ek jou bietjie vertel: Dit is ses maande vroëer, die trein stop in Pretoria stasie, ou Brinkie klim bang-bang af. Die man in blou geklee...