Min of Meer
“Kom klas, word nou stil en
luister mooi!” Juffrou Nereida maak haar stem dik en die meisies word een vir
een stil. “Welkom by ons klas, julle sal by my leer hoe om eendag jou werk goed
en reg te doen … ek praat en julle luister!”
Adella,
Briza en Sirena sit styf teen mekaar, “Ja Juffrou!”
Eenkant
sit so ʼn lelike meisie.
“En
wat is jou naam dogter?” vra juffrou.
Juffrou
kyk net ander pad en begin, “Dogters, julle is nou mooi groot. Die eerste wat
jy moet verstaan is dat alles wat leef het mannetjies en wyfies, mans en
vrouens, koeie en bulle, hane en henne en ook ramme en ooie. Net ons is anders,
ons is net meisies. Daarom hoef ons nie hemde te dra nie.”
Die
drie maatjies kyk weer na die pragtige juffrou en kyk skaam na mekaar. Hulle
bloos dat tot hulle oortjies rooi word!
Nessie
sit eenkant, haar arms oor dit gevou asof sy iets wegsteek.
“Nou
dogters, ons het werk, ons moet help waar dinge sukkel en mag net verskyn as
alles verkeerd gaan. Ons verskyn net as dit skemer is en ons werk altyd twee -
twee saam. So, Briza en Sirena julle is ʼn span en sal die noordelike gedeelte
diens terwyl en Adella en Nessie vir ons die suidelike area sal hanteer.”
Adella
gee vir Nessie ʼn lelike kyk. Nessie voel die trane in haar ogies want sy moet
vir altyd weggaan want hier by ons stry jy nooit met die juffrou nie, jy doen
jou werk en bly maar net stil.
“Kom
jong, ek is nou met jou opgesaal, jy is duidelik hopeloos, en ek sal seker
alles moet doen. Kom laat ons gaan werk!” gil Adella.
“Adella,
asseblief, wat pla jou?”
“Ag
man bly stil, ek het nie tyd vir julle tipes nie!”
“Adella,
ek sal luister praat maar net?”
“Vergeet
dit, kom laat ons weg wees voor die son opkom moet ons ver van hier wees.”
Hulle
vertrek en so vinnig as hul kan en gaan tot waar juffrou hul heen gestuur het,
Kaap Agulhas die Suid van punt van Afrika!
Dit
is nog pikdonker, “Adella ...”
“Ja
Nessie?”
“Ek
is jammer dat ek so lelik met jou was. Almal spot met my want ek is nie so mooi
soos julle nie, ek wil ook maar help maar hoe?”
Adella
gly nader aan Nessie, hulle is op die groot rots en die hoogwater se sproei
spat oor hulle.
“Nessie,
jy is slim en jy gaan al die verskil maak. Sit saam met my nou doodstil want
hulle het ons nodig. Ons moet nou ons bes doen anders gaan almal sterf …”
Hulle
hou mekaar styf vas, hulle is so bang en die trane loop oor hul wange.
Die
groot skip kom reguit na die vuurtoring, die Suidoos waai verskriklik. Kaptein
Ferguson roep hard, “Manne ons het moeilikheid, die stuur haak vas, laat sak
die reddingsbote!”
“SOS
... SOS ... SOS ... mayday, mayday, ons gaan strand!” roep stuurman John oor
die radio.
Skielik
is daar ʼn doodse stilte, die wind gaan lê en die reuse olietenkskip draai
vanself stadig om en weg van die land!
Die
bemanning staan verwonderd oor die rand van die dek. “Ons is gered!!”
En
toe, van bo uit die stuurkajuit, roep John, “Kyk daar!”
Almal hardloop en sien dit
wat net eenmaal in ‘n eeu gebeur …
Die
bemanning draf nader, skielik daal daar ʼn doodse stilte op die skip neer want
... daar op die suidpunt bo-op die groot rots en dof in die skemer lig is die
mooiste wesens wat hul hande hoog opsteek, iets wat ons net van kan droom,
daardie twee wat kon red toe alles verlore is.
... Adella laat haar voor sit sodat almal haar mooi kan sien ...
Nessie die pragtigste meermin ...
Opmerkings
Plaas 'n opmerking