Die hoogste Tol

 

Die Mazdatjie se gladde bande gee ʼn laaste sug, die verroeste deure swaai oop en Professor Barend P Malan klim verwilder uit. Sy oë dartel oor die horison en kom tot stilstand op die eensame graf op die bergie. Dis waar alles begin het ...

Na sy proefskrif, sy spore in Aberdeen en Edinburg toe deur die loopgrawe van Magersfontein tot by hierdie eensame graf. Min het hy toe geweet wat dit hom nou gaan kos.

Toe daardie naamlose oproep, die swaar Skotse aksent oor die landlyn, “Are you professor Malan?"

“Ja ...?” antwoord Barend nou baie bang.

“I am Andrew Wauchope the VI th. How dare do to this to our family? Meet me in Matjiesfontein midnight on the 4th!”

Barend weet presies waarom dit gaan en hy weet dat hy daar is geen omdraai kans nie. Hy klim in sy blinknuwe Jaguar XFR, ry Mooikloof toe, pak net die nodige en los nie eens ʼn brief nie.

Hy huur die Mazda by Danville Auto Hire, betaal R2000 kontant, los die Jaguar se deur oop met die sleutels op die bestuursitplek en ry die nag in.

Sy selfoon lui aanmekaar, Annemarie is rasend van bekommernis, hy gooi dit in die Vaalrivier.

Deur Kroonstad waar sy ou vriend Madefu woon, oor die Sandrivier en hy dink aan die dierbare Adele en ou Boela, deur Bloemfontein waar ou Douwtjie se lig nog skyn, sy doen seker nagskof? Oor die Oranje en deur Beaufort.

Op Laingsburg gooi hy brandstof in. Hy word baie bang, dis nog net 45 kilometer.

Reeds elf uur die nag, die sekelmaan hang helder oor die Swartberg. Barend trek af van die N1. Hy kruip deur die draad en gaan sluipend van klip tot klip tot hy die graf mooi sien. Doodse stilte. Hy weet daar is geen omdraai kans meer nie. Hy stap vinnig en doelgerig tot by die graf.

Skielik is daar beweging, op die rand van die graf sit ʼn man, ʼn dwerg met kort bene en ʼn dik kop.

Hy kyk op, “You came to give me my ultimate revenge ... !”

Die swaar Skotse aksent, “My great grandpa died in this blasted country and you and all you fucking Boers made a mockery of us! I have nothing left, just shame upon shame, tonight you will die and I will bury you in this grave!”

Die dolk glim in die maanlig, die Luger in sy ander hand en die dwerg strompel op Barend af. Barend val oor sy eie voete, daar is ʼn klip in sy hand, met byna bomenslike krag gooi hy en tref die dwerg teen sy voorkop.

Bloed en harsings spat oor hom en hy sak op sy knieë neer, hy prewel vir laas, "you bastard ...!!"

Barend moet vlug en vlug, hy hardloop tot by die Mazda, jaag tot by die stasie, kyk verlaas na die Oranje Blanje Blou op die ou hotel. Die ligte van die Trans Karoo glim helder op die blink spore en sy die wiele klop oor die laste.

Barend gaan lê op sy maag op die spoor. Hy hou sy oë styf toe, sy kop in sy arms, hy ruk van vrees en hy voel vir laas die verskriklike pyn toe sy liggaam in drie stukke skeur ...


Generaal Andrew Gilbert Wauchope, sneuwel tydens die Slag van Magersfontein op 11 Desember 1899. Oom Koos de la Rey het weer die sy hoogste tol ge-eis. Sy grafsteen word verkeerdelik op Matjiesfontein afgelaai.

Die briljantste rolprent, "Verraaiers" en onlangse besoeke aan Magersfontein en Matjiesfontein is my inspirasie.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Vinniger as Arende was hulle

Voshaar meisiekind

Sneeuwitjie van die Veld