Griekse Biefstuk
Erkenning aan die klassieke, “Specialty of
the House” deur Stanley Ellin waaruit die slotsin gebou is.
“Bulle 6, Stormers 27!” bulder die groot skerm
TV in die golfklub se ledesaal. Koos en Pieter koester tranerig nog ʼn lang glas
Windhoek Draft.
“Wat
gaan aan Pieter?” sug ou Koos, “Wat is fout met ons? ʼn Bloubul eet mos nie van
die vloer af nie maar kyk net daar!”
“Ja
ou Koos en dit nogal hier op Loftus. Wat gaan van ons word ek vra jou?”
Die
twee sug diep, vat nog ʼn teug en suig aan die sigare. Die eindfluitjie blaas
genadiglik. Lank kyk die twee na mekaar, “Koos ek is nogal honger, sal ons iets
bestel?”
Koos
kyk na die muur, bly lank stil, “Piet, belowe jy vertel vir niemand?”
“Ek
belowe!”
“Ek
gaan jou vanaand na die beste eetplek in die stad neem, maar dis net tussen
ons?”
Pieter
sluk maar weer en knik. Die twee staan op, “Ou Piet, sal jy vir ons ry? Ek het
nou net een dop te veel. My kar kan maar hier bly dan kom kry ek dit môre.”
Hulle
trek weg in Piet se Prado, Koos knyp die lang blikkie Black Label tussen sy
kniee vas, “Kry net Schoemanstraat dan beduie ek verder.”
Hulle
ry en ry en toe gil Koos, “STOOPP! Draai regs hier in Andriesstraat!”
Toe
hulle by die Plein kom, “Stop net hier en kom Pieter!”
Die
twee slinger in die maanlig tot by die Oom, haal hul Bloubul musse af en Koos
bulder, “Aaandhugg!”
Die
twee kom op aandag net soos toe hulle in die parabats was en salueer! Oom Paul
tuur na hulle in doodse stilte, maar as mens jou verbeel het hy tog geknik en
daar was ʼn glimlaggie in sy bos baard.
Hulle
val weer in die pad met die vol maan wat onder gaan in die weste voor hulle,
“Draai regs, nou links …”
Dit
raak vuilerig en net elke derde straatlig brand nog. Ou motor wrakke staan op
die sypaadjies en Pieter loer bang oor die stuurwiel, “Koos is ons reg jong?”
“Piet
vertrou my, draai nou hier links en stop agter derde gebou op die regterkant.”
Daar
waar jy dit die minste verwag, seker drie dosyn van die beste uit die Duitse
motorstal! “Wat gaan hier aan? Glenda Kemp en Oupa daai luislang?”
Koos
antwoord nie en stap nader, dis donker, geen borde, net niks ... hy klop aan
die deur, “Who’s there, wies daar?”
“Georgio
dis ek, Koos.”
Die
deur gaan op ʼn skrefie oop en die twee gaan in, Pieter glo sy oë nie, dis
skemer donker met pers liggies, die plek is volgepak met net mans met swart
pakke en dasse. Kelners met tuxedos aan stap heen en weer en dit lyk soos in
Sun City!
Koos
word na sy gewone tafel in die hoek geneem deur Georgio. Hy is uitgedos met ʼn
strikdas, kokmus en ʼn gestreepte voorskoot. In sy hand is sy mes, die
handvatsel is van egte ivoor en die lang lem glim in die kerslig …
“Georgio,
dalk net en ek vat ʼn kans, is dit Griekse Biefstuk vanaand?”
“Jammer
ou Koos, maar wie weet, dalk môreaand?”
Hulle kry nou wel net Atheense lamsboud en ook dit is uit die hemel! Na die heerlike nagereg en port soos jy nog nie geproe het nie is dit pikswart filter koffie. Die twee leun agteroor en sug tevrede.
Koos bly stil en tel die Tweehonderd Rand note op die rekening. Geen kredietkaart hier nie …
Net
toe hulle op staan swaai die kombuis deur stadig oop en Georgio stap nader,
“Menere wat ʼn voorreg om julle hier te kon hê. Meneer Fouche, u is altyd welkom
en mag nou ook sonder Koos kom en u gaste saambring.”
Hy
bly lank stil, daar is ʼn glimlaggie om sy mond en sy snor buig boontoe, “Koos,
ek sal jou terug neem, maar dit is nou tyd vir jou besoek aan die kombuis wat
ek so lankal belowe.”
“Georgio!!
Jy is my held, ek wil dit so graag sien! Piet is dit reg so met jou?”
“Ag
Koos jy is my beste vriend, doen so en net môreaand is ek terug hier en ek soek
jou weer hier!”
Piet
staan tevrede by die voordeur en vir laas sien hy Georgio en Koos by die
kombuis instap. In Georgio se hand blink die lang mes terwyl sy regterarm
gerustellend op Koos se vlesige skouers rus …

Opmerkings
Plaas 'n opmerking