Jy myne was


 “Die berggans het sy veer laat val …” Lara lees dit vir die soveelste keer. Sy kyk uit oor die pragtige Sederberge en wonder weer oor, “Ek stuur vir jou die berggansveer mits dese wil ek vir jou sê hoe diep my liefde vir jou lê!”

Die trane drup oor haar wange, waar sal Kobus tog wees? Hoekom moes hy weggaan?

Hulle het net laas week nog in die skoolbanke gesit in Clanwilliam toe word die seuns onrustig. Daar was vreemde mans in die dorp. Hulle kom van ver. Hoe werk dit? Wie is hulle?

Lara kyk na die dorpie, die kerk in die middel en die pragtige berg agter dit. Sy verlang soveel na Kobus. Al die seuns is weg net daai vervelige Louis ou het oorgebly. Louis, die snaakse outjie wat sommer by sy ma skoolgaan en met niemand wil praat nie.

 

“Louis wat gaan aan? Hoekom is almal weg en net jy het oorgebly?”

Louis kyk na sy voete soos maar altyd as daar ʼn meisie naby is, “Lara, ek weet nie ...”

“Man, jy is die slimste hier rond, Hoe werk dit? Die klomp mans kom hier aan, daai Jannie ou met die bokbaard is die baas en nou is al die seuns weg saam met hulle? Kobus ook!” en sy begin snik.

Toe, vir die eerste keer ooit stap Louis nader, hy vou sy arms om haar en hul ruk van saam van die snikke. “Lara, alles gaan verkeerd loop, hulle gaan nooit weer terug kom nie."

“Ek weet …” en sy huil in sy arms.

 

Dekades gaan verby, Lara hou skool in die dorpie en sy bly alleen in ʼn agterkamertjie. Snags word sy wakker met dieselfde vrae, "Waar is Kobus? Waar is hy begrawe? Hoekom hoor ek nooit van Louis nie?"

 

Die nuus breek en trek soos ʼn veldbrand deur die dorp, “Louis is dood!”

Honderde mense kom van oral oor en almal stap die berg uit, die dominee strooi die flessie as op die klippe en hulle huil en huil ...

Hy stap na Lara, daar is ʼn briefie in sy hand. "Wat is dit nou dominee?"

“Lara, Louis het my gevra om na sy dood dit vir jou te gee.”

Sy maak dit bewend oop en daar in mooi groot letters, “Wys my die plek waar ons saam gestaan het, eens toe jy myne was, kyk dis dieselfde; die silwer see, blink in die sonskyn, soos lang verlee, vir ons liefde wat uithou en alles vergoed ... Ek het jou altyd onthou, ek was so lief vir jou ... Louis"

 

Nawoord: Dis oorlog en genl Jannie Smuts val die Kaapkolonie binne. Jong seuns sluit by hom aan vir die bittereinder stryd. Louis Leipoldt ʼn seun in Clanwilliam. Word later ʼn kinderarts en ʼn groot digter. Hy is nooit getroud nie. Sy as is in die Pakhuispas buite die dorp gestrooi. Randall toonset dit en dit word sy heel mooiste lied, "Eens toe jy myne was ..."

Bronne: Steyn, Richard (2015), Jan Smuts. Wikipedia oor Leipoldt. Boerneef se gedig oor die Berggans.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Vinniger as Arende was hulle

Voshaar meisiekind

Sneeuwitjie van die Veld