Vang die Son
Die groot horlosie tel "100, 99, 98 … " Die wêreld is daar, honderde kameras reg vir die groot oomblik. Almal is by die MeerKat radioteleskoopbasis en hou hul asems op.
Lana
in haar ruimtepak, sy sweet in die nou ruimte en weet dat elke moontlike droom
waar geword het. Pieter en die kinders, Susara en Jannie, staan met hul kameras
hoog in die lug, hulle is so trots.
“Mamma
jy gaan dit doen!” was Susara se laaste woorde.
“Mamma ek is lief vir jou, kom gou terug!” roep Jannie toe weer te hard sodat almal omkyk!
Lana
wonder, “Hoekom is sy ogies so rooi vandag?”
“Pieter
jy moet tog dok Koos vir ons weer kyk. Ek is bekommerd oor Jannie.”
“Lana,
ek sal hom môre neem. Kom jy net weg!”
“Outjies,
net tien dae dan is ek terug!”
Sy
dink terug aan die jare opleiding, die twee doktorsgrade, hoe om haar werk te
doen en ook ʼn mamma te wees.
Nou
die groot dag. Die presidente van die ons land, Amerika, Rusland, China is
daar, maar die heerlikste was Prins William se woorde, “You will be the first
person to do it again. Lana Marais, we are so proud of you!”
Biljoene
kyk na hul skerms, “ … five, four, three, two, one, zero! … We have a lift
off!”
Sy
weet wat om te verwag, die reuse vuurpyle ontvlam en die vaartuig skiet die
hemel in.
Dit
is skielik doodstil, die pragtige blou oseane onder haar sink weg en die grys
maan wat nader kom. Tyd om die pak briewe te lees!
“Mamma,
ek is so trots op mamma. Jy is alles … Susara."
Sy
lees een na die ander en hou die spesiale ene vir heel laaste. Sy lag vir die
spelfoutjies en die skewe letters, “Kyk tog of mamma vir my die son sal kan
vang, daar is ʼn plekki in my kamr waar ek die son kan hang!”
Die
see van kalmte onder haar, al die groen liggies brand helder en die plan werk
perfek. “MeerKat Base, I am ready for landing!”
Sy
stryk neer skaars honderd meter van die staal struktuur. “Meerkat, this
Tranquillity base, it is fifty years later and the Eagle II has landed!”
Nog
ʼn sprong vir die mensdom en sy stap nader en kyk verwonderd na die voetspore,
nou reeds dekades oud, steeds duidelik in die sand.
Sy
neem monsters, stel die toerusting op en dit word tyd om te gaan eet en rus.
Die deur sluit en toe … etlike rooi liggies flikker verwoed. “Meerkat! We have
a situation zero six! Help!”
Sy
voer elke opdrag uit, elke stap uit die boek, maar tevergeefs. “Lana, you are
stranded. We will send the rescue craft immediately, but be ready for a twenty
day delay! ... Lana you are not alone … ”
Die batterye word pap, alle kommunikasie daarmee heen. Jannie se gesiggie bly in haar gedagtes, iets is verkeerd … hoekom het sy ogies so gelyk?
Die
reddingstuig kom veilig aan, die oorskakelingsproses soos beplan en Lana
vertrek. Die reuse aardbol skuif al nader, die blou oseane en die Kaapse
Skiereiland nou mooier as ooit tevore. "Ek kan nie wag om hulle vas toe
hou nie! Dink net hoe gaan Jannie vir my lag!"
Die
landing net buite Saldanha, die water spat hoog, alles oor en die sending
suksesvol. Op die kaai staan duisende mense en almal juig. Heel voor Pieter en
Susara.
“Waar
is Jannie dan?”
Hul
hou haar styf vas en ruk van die snikke. Pieter gee vir haar ʼn pienk
koevertjie. “Lana, sy laaste briefie voor die siekte alles oorgeneem het.”
Sy
lag van oor tot oor met trane oor haar wange loop, “Liewe Mamma, ek weet mamma
het vir my die son gaan steel, want daar’s ʼn plekki in ons tuin waar ons met
die son kan speel!”
Sy
staan op haar knieë en lees oor en oor die woorde op die kiaathout kruis, sy
sit sag die briefie vir hom tussen dit waarvoor hy so lief was ...
Bokbaaivygies ...
“Liewe
Jannie jy was maar net twintig, jy bring ʼn lig vir die draaie op my pad, en ʼn
handjie vol strale vir die donker in my hart … sal jou soveel mis. Ek weet jy
is nou gelukkig want jy hoort daar ... ons Hemelkind …”
Erkenning aan James Roux en sy wonder storie,
“Janneman”. Ook van Valiant Swart met sy pragtige lied, “Sonvanger”. Die woord
“Hemelkind” van Fanus Rautenbach met sy wonderlke werk op Down Sindroom. Die
MeerKat sterrewag word tans naby Carnarvon gebou.

Opmerkings
Plaas 'n opmerking