Dit kom van vêr af
Sara droog die koppie af, sit dit op die kombuistafel neer en hang die vadoek netjies aan die hakkie teen die muur. Sy kyk af op Kasper wat teen haar been skuur en Boela wat in sy mandjie opgekrul lê, kreun en sy stertjie vir laas swaai.
Annette se
bottel is vol nag melkies en dit is tyd om te gaan inkruip.
Na amper ʼn jaar
na Pieter se dood en kon sy hier die Wildtuin vrede gevind. Die renosters haar
kinders, haar stetoskoop haar wapen en nou dat ons weet hoe om gif in die
horings te sit, is alles soveel makliker. Iets van Pieter se wrede dood is
gewreek.
Sy kyk deur die
venster, die sekelmaan sak oor die horison, dis amper pikdonker maar tog nie,
hoekom die snaakse blou skynsel?
Sy pak haar
ondersoektas reg vir môre se werk met die baba renostertjies, loer gou in by
slapende dogtertjie en plant ʼn ligte soentjie op haar voorkoppie. Sy stap na
haar kamer toe om te gaan inkruip. Sy dommel net in toe ...
ʼn Harde slag, mans stemme, hulle is in haar
huis! Drie klein geel mannetjies storm haar kamer binne, in elkeen se hand ʼn outomatiese
pistool en een hou die huilende Annette vas, “Whele are ze holns? Whele? Talk
or we shoot ze baby and then you!”
Hulle gryp haar
en sleep haar uit tot op die werf. Sara dink aan net een ding, baba Annette ...
Hy gee haar ʼn
wrede klap, “Whele are ze holns?"
Boela storm
blaffend op hulle af, die pistool vuur ʼn sarsie en hy verslap in ʼn poel bloed.
“What a beaut!”
roep die spleet oog man, “We might as well have some fun while she is still
living!”
Hy begin sy
klere uittrek en die ander twee lag hard en wreed. Hy stap stadig na haar toe
en grynslag, sy is verlam van vrees.
Skielik is alles
helder verlig, pers blou. Oor die werf hang ʼn vreemde voorwerp, dit sak tot op
die grond en ʼn deur gaan stadig oop. Die mans en Sara staan versteen.
ʼn Smaraggroen wese swymel tot by hulle, met
een klap slaan dit al drie dat hul hoog die lug in trek om honderde meter
verder teen die klipkoppie vermink te word.
Dit buk af, tel
Annette op, hou haar styf vas totdat sy ophou huil. Op haar mondjie is nou die
mooiste glimlaggie. Dit kom tot by Sara, gee Annette vir haar en prewel in
metaalagtige Afrikaans, “Dokter Sara, ek sal altyd na jou en Annette kyk, jy
hoef nooit ooit weer bang te wees nie.”
Sy kyk af, diep
in enkele groot pers oog. ʼn Blink traan loop teen die groen verrimpelde wang af
...
Die vaartuig
skuif die hemel in en vêr weg, een vir een, doof die sterre uit...
Inspirasie:
Arthur C Clarke en Jeffrey Archer.

Opmerkings
Plaas 'n opmerking