Die Bloutrein
“Ek is speurdersersant Van der Linde en dit is konstabel van Vreden. U is ... ?" vra die groot man toe die kompartement deur oop skuif.
Lydia van Vreden
loer bang onder deur Sersant Koos se arm na die bloed wat van die banke afdrup
...
“En nou ‘sant?” Sy
kyk verskrik na die plas bloed wat op die vloer groei.
Die Bloutrein
skommel rustig op sy spoor, dis middernag en die volmaan skyn helder oor die
Karoo vlaktes. Koos gaan stadig op sy knieëe, kyk diep in die lewelose oë van
die blonde meisie.
“Lydia, gaan
vang die bliksem, nou!” Koos hou haar bewende arm vas, “Ek gaan agter toe en jy
vorentoe!”
Sy draf in die
helder verligte treingang af, van wa tot wa, sy luister, sy vorder tot heel
voor.
“Wie is die
meisie, wat het gebeur, hoekom, hoekom?” wonder sy.
Daar is ʼn klik
geluid ... sy staan tussen die twee waens, die trein swaai rustig heen en weer.
“Jou bliksem! Ek
het jou!” Die kompartement deur skuif oop en daar staan dit, ʼn dwerg, die are
bult in sy nek, in sy hand die dolk, bloed drup van dit af.
“Roer net en ek
vermoor jou en gooi jou by die deur uit! Susan moes boet vir wat sy aan my
gedoen het en jy is tweede!”
Sy voel ʼn vreemde
kalmte oor haar kom, “Meneer, wat het Susan aan jou gedoen ...?”
“Fokkol met jou
te doen!”
"Meneer
praat met my, ek kan jou help ...”
Hy gaan op sy kniee,
die dolk rol oor die vloer en hy snik.
Lydia, hou die huilende
dik mannetjie vas, sy droog sy trane en sy wonder, “Hoe nou?”
Voor Koos op
die vloer van die gang van die Bloutrein sit die Lydia van Vreden wat die
snikkende dwerg vashou.
“Kom meneer en
Lydia, kom na my kompartement.” Koos buk, tel die bebloede dolk op en met beide
hande hou hy die dwerg vas tot in die kompartement. Hy sluit die deur.
“Meneer, wat
is jou naam?”
Die dwerg kyk
na die vloer en bewe. Hy stotter, maar sukkel om te praat.
“Neem jou tyd,
praat met ons, ek en Lydia kan jou dalk help.”
“My naam is
Pieter, oom ...”
“Nou Pieter
kom begin by die begin, vat jou tyd.”
“Oom ek is
gebore in Volksrust, ek is ʼn dwerg, almal het altyd met my gespot, maar ek wou
hulle wys. Eerste in matriek gekom, A simbole vir alles, maar toe wil Tukkies
my nie plek in Sonop gee nie. Dis waar my pa en almal was.” Hy bly lank stil.
“Sonop is net
vir die mooies, en hulle redes was vaag en dof. Toe bly ek by ʼn tannie in
Menlopark in die Wendyhuis in die tuin. Die reël was, niemand mag my sien nie,
sy skaam haar vir my. Ek het geen maats gehad nie, niks. Al wat ek kan wys is
my BComm en my LLB. Oom ek is ʼn advokaat maar die prokureurs stuur geen werk
vir my nie, alles gaan na die Sonop old boys toe en hulle dink steeds ek is dom.”
Toe kom Susan,
ʼn prokureur wat vir my stapels werk gee, ek maak baie geld, koop vir my ʼn Jaguar
en ʼn huis in Silver Lakes. Lydia is altyd daar, sy ken almal en toe verander
ons my testament want ons gaan trou.”
“Ek is lief vir
haar, sy is alles in my lewe, maar toe ons het gister op die trein geklim toe
val die papiertjie uit haar handsak, ‘Johan, ek is vasgevang met die kabouter,
maar moenie worrie, vanaand val hy uit die trein, al sy geld is myne en ek kom
reguit na jou toe. Jy is myne
vir altyd!’ ”
"Toe oom,
toe neem ek die dolk en wag tot sy slaap, ek het haar eerste in die nek
gesteek, want sy moes die pyn voel en my sien, toe sy gil in haar tong en toe
maak ek haar stil met die dolk in haar hart ...”
“Oom arresteer
my, ek sal skuldig pleit ek weet hoe dit werk.”
Lydia sit en
huil, Koos sit lank stil en dink. Na wat ʼn ewigheid voel, “Pieter, Lydia kyk
vir my ...”
Koos sit sy
dik sterk arms om albei, huil saam oor die lewe se wreedheid en toe, “Kom ons
maak die kompartement skoon, die lyk sal hulle oor ʼn week eers dalk ver buite
De Aar kry, maar die jakkalse sal ons help. Pieter, begin oor ... jy kan dit
doen ... ”
Voorwoord:
Geinspireer deur Agatha Christie se “Murder on the Orient Express”. Dit staan
op sy eie en jy kan dit so lees. Dit verwys na die wrede siening dat dwerge dom
is.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking